Drinklied
Nog ’n skuinse grappie, kêrels,
Nog ’n glasie wyn,
En die gore werklikhede
Sal in mis verdwyn.
Vonkelwyn en skaterlachies
Sprinkel oor ons leed,
Tot ons al die muf misérie
Om ons heen vergeet.
Stijf gearm huis toe slinger
Onder singlawaai,
Wyl die dronk ou wêreld om ons
Rondomtalie draai.
I.D. du Plessis 1900 - 1981