Boek Piet Paaltjens                                   Piet Paaltjens  Dichter-dominee  1835 - 1894                             


Beginpagina

Jeugdjaren in Leeuwarden

Studententijd in Leiden

Predikant in Foudgum

Predikant in Den Helder

Predikant in Schiedam

Over Piet Paaltjens

Culinaire citaten

Gedichten over eten en drinken

Culinaire bloemlezing

Culinaire links

Culinaire reizen, kooklessen

Contact  
Kok

Ek weet dit: ek eet te veel, vanweë
die feit dat ek nooit net eie honger kan stil nie,
maar gedagtig aan ander, kookkuns moet beoefen.
Moeder Teresa van Indië vas die ure deur tot
saans 'n skeppie rys, soos destyds die Curé van Ars
te besig om te sit, sy enkele aartappel in die skil -
Gelate betrag ek die syige vetrol in my sy:
ek sal seker vorentoe smaak in Papoea
met waterblommetjies of wat hulle daar ook gebruik.
Hoe roer jy room in souse in sodat húlle aan tafel
kan straal wyl jý langtand aan 'n wortel knaag?
Nee, dis nie reg nie, dis wreed dat een wat
asketies net gees en sigbare beenstruktuur wil wees
met die fyn-akute voorkoms van iemand
wat winde drink en 'n maal van skaduwees tot spyse
neem soos Yeats se Maude Gonne. uit medesmulpaapsheid
saam met die ander moet verspek.
Ek het al alles probeer: gedreig dat ons vegetariërs word,
of nadat ek malse varkkloutjies in kerrie berei het,
gevlug als hulle gaan aansit, ver van die geure af
alleen met my Vichy-water en Jan van die Kruis-
om wanneer die gerinkel stil is, en onder hulle oë uit,
happiger as 'n straatkat, met brokke haastige brood
die opdienskaal na binne toe glad te vee -
Ná etlike dae van slaaie, my sintuie gesuiwer en skerp,
loop ek met sterk skrede uit in die reënvars tuin,
so rank en fyn van neusvleuel soos enige Maude Gonne,
om terstond in my gang gestuit te word
deur 'n geur nòg aarde, nòg reën, nòg eteriese blom, maar
wonderlik mistiek van nêrens: biefstuk gestowe in port.

Sheila Cussons 1922 - 2004
Uit: Verwikkelde lyn. Tafelberg, Kaapstad 1983