om ’n pruim te eet. iets wilds kom in jou lê as koel perfeksie satyn-oorasemd in jou hand stu die oogtand priem die nek verstyf du die onderkaak vir sap oneindigheid bytend bars hemelsheid binne halsheerlike kranksingigheid tong- malendeskeurendevlees self iets flagrant soos aartjies misterieus die pit skielike warm werklikheid bloedrig in jou bakhand ’n pruim is die prins van profusie lipledig en psalmplunderend promisku Antjie Krog 1952 Uit: Medeweten 2015 |