Op die dood van 'n oesterin sy omhelsing vasgevang keer sy skugter in haarself geslote maar hý onbevange minnaar trek, suig, soen haar vas- beslote later heelwat later sonder enig verweer of hoop geen weerstand meer sluit sy haar lyf se deure oop en op haar mantel van wit linne wydsbenig en woordeloos syg hy haar liggaam binne sy het nooit gevra wie hy was of waarvandaan slegs haar oë gesluit... verdra nou na'n voller oord onversadig, onverstoord sit die seester sy seëtog voort Niel van Tonder 1942 Uit: De Afrikaanse poëzie in duizend en enige gedichten Gerrit Komrij 1999 Uitgeverij Bert Bakker Amsterdam
|