Boek Piet Paaltjens                                   Piet Paaltjens  Dichter-dominee  1835 - 1894                             


Beginpagina

Jeugdjaren in Leeuwarden

Studententijd in Leiden

Predikant in Foudgum

Predikant in Den Helder

Predikant in Schiedam

Over Piet Paaltjens

Culinaire citaten

Gedichten over eten en drinken

Culinaire bloemlezing

Culinaire links

Culinaire reizen, kooklessen

Contact  

Terras by die see

Ek weet dit: ek is hier.
En verder: 'n glas bier

binne sy boom op tafel,
met links, dor krummels
van 'n half-geëte wafel.

Dit-en ek-is hier
en ja, ook die sonverligte muur.

Die son verniel dié muur
en laat hom skilfer.

Maar dis al: dis hier
waar elke meganiese uur
skeef hang binne sy sekondes.

Dit gee my 'n sekerheid:
die muur, die wafel en die bier

...en ek, veral na die wafelbyt
wanneer die krummels deur my slukpyp skuur.

Maar die uur, die uur...

die bier lê skeef
oorspoel die glas se rand
die wafel verkrummel in die son
die muur gaan in leë vlamme staan
en die sekonden spring los
uit die uur.

Ek is iswassal wees tog hier?
Ekmuurwafelsonligbier?

Louis Eksteen  1930 - 2001
Uit: Verse van 'n landloper. Voortrekkerspers,
Johannisburg 1969