Boek Piet Paaltjens                                   Piet Paaltjens  Dichter-dominee  1835 - 1894                             


Beginpagina

Jeugdjaren in Leeuwarden

Studententijd in Leiden

Predikant in Foudgum

Predikant in Den Helder

Predikant in Schiedam

Over Piet Paaltjens

Culinaire citaten

Gedichten over eten en drinken

Culinaire bloemlezing

Culinaire links

Culinaire reizen, kooklessen

Contact  

Tuisresep

Ma se bobotie'
was eksoties,
en het van ver gekom.

Die gondeliers van die Ou Tyd
met hul swambaarde soos wasems
en met lang rivierpale het dit gaan haal;
en steun-steun oor die eeue heen gebagger
(soos glasige riviereende soms vasgeys
in die gragporselein, of met die kop
wat gryns op kapers se skinkborde).
Só is die garing van 'n rivier afgerol
en sorgvuldig deur oog ná oog van vlak brûe getrek;
onderdeur wit wolkpoepe wat gesputter
staan teen die hoë koepels blou Delft,
omhang met die gekwetter van voëltjies
soos die gespikkelde lourier op 'n bordrand.
Soetkerrie, naeltjies en amandels,
roweyne, swartpeper en ander spesmase
het aangekom in 'n gewimpelde en gekielde
muskaatdop gatkant half sinkend vol rys
op lang pote wat snoet-bo-water geroei word
en oor die einderlose,
eindelose see gebring.
Só het dit gekom na Ma se kombuis,

waar sy die seile soos servette
sou opvou voor sy voorsit;
en ons vinnig 'n gebed aframmel om God te dank
vir nog 'n dag se veilig aankom
aan eie tafel.

Charl-Pierre Naudé  1958
Uit: Al die lieflike dade
Uitgever Tafelberg 2014